Stripview

0 ThumbsUp

die boer en die budgie

anonymous on 16. May, 2018 — Lang: English

die boer en die budgie
  • Transcript

    Expand

    Mamma , mag ek asseblief vir Mamma 'n grappie vertel ?

    Enige tyd, my kind ! Dit sal goed wees om my dag af te skop met 'n giggel of twee.

    Daar is 'n seuntjie wat toe hoor van 'n boer wat budgies verkoop...

    Budgies ? Agh ! Dit is nou vir jou die kleurvolste voeltjies.

    Die seuntjie besluit toe om 'n draai by die boer se plaas te maak want hy soek graag 'n budgie.

    Hy vra toe die oom en die oom se dat dit 100% is en hy stap saam die seuntjie na die budgiehokke toe. Toe hulle by die hok kom reken die seuntjie dat hy graag 'n blou budgie wil he.

    Die oom antwoord die seuntjie deur te se dat daar maklik meer as 'n honderd budgies in daardie hok is maar daar was slegs drie blou budgies. "Hoe verwag jy moet ek die blou budgie vang tussen al hierdie ander?" het die oom aan die seuntjie gevra.

    "Oom, ek sal vir oom die blou budgie betaal vir dieselfde prys wat my pa vir 'n skaap betaal." het die seuntjie geantwoord. Die boer is toe tussen al daardie budgies in, hy spook en hy spartel en dit vat lank... Na so 'n halfuur kom die boer daar uit, nat gesweet en vol vere...

    Gaan die storie eendag 'n einde he , my kind ?

    Ja ! Dit is al naby die einde. Inelkgeval, hier kom die boer uit en gee vir die seun die blou budgie. "Nou goed, wat betaal jou pa vir 'n skaap?" vra die boer.

    Die seun antwoord: " Ag, ek is nie so seker nie, Oom sal die budgie eers moet gaan weeg, my pa betaal so R34 per kg."

    Agenee ! Toe vang daardie klein seuntjie die boer lelik uit.

    Tags:
    boer
Sign in or register to comment.